Ou plaas opstal

Ou plaas opstal

Tuesday, August 24, 2010

Plaas lewe is lekker!!!!  Jy is in die natuur, altyd lekker vars lug.
Hier op die plaas is ook nie spits verkeer nie....Al spits verkeer is as die beeste oor die pad aangejaag word, of as daar tarentale oor die pad hardloop:-)

5 comments:

  1. Ai mis ek nou die plaas. Om plaasmeisie te wees is een groooot fees elke kind kry sy eie bees...=) Die trekkers wat dreun en windpomp wat kreun, ooie wat lam en die voloop van die dam.

    Kaf in die hare is vir pa soos bloed deur die are. Strooptyd is die lekkerste tyd want dan gaan dit oor profyt. Baie oulike blog. Dis jammer om te sien hoe plase verkoop word. Dis die koerante vol.Baie mooi foto's en eks seker die mense wat nie die plaaslewe ken nie, sal nou 'n beter idee kry daarvan...

    ReplyDelete
  2. Dit maak my ou hart warm om nog 'n jonge te kry wat die plaas waardeer. Na my oorlee vrou oorlee is sê ek vir my self "self, moet jy nie nou ook maar dorp toe trek nie". Maar my oorlee Johanna sou dit nie so wou gehad het nie. So ek het op die plaas gebly en wag maar vir my pasmaat om te reageer op my Opsitkers advertensie in die Landbou Weekblad.

    Dankie vir jou mooie blog, sit nog fotos op!

    Groete
    Oom Kwaikat

    ReplyDelete
  3. Ons bly ook op 'n plaas en sal dit vir niks verruil nie...al di vars lug...en ruimte...ons is baie bevoorreg!!

    ReplyDelete
  4. Ek wou nog altyd 'n plaasmeisie wees, al sou dit my vat om vir "Boer Soek 'n Vrou" in te skryf...wink wink nudge nudge ;P

    Nee maar regtig, die plaasmeisie deel wou ek graag wees.

    As my droom bewaardheid word, hoop ek hy is 'n Wynboer...

    Asseblief sit nog fotos op...maar ene waar jy dalk koeie melk, wasgoed in 'n badjie trap.

    Totsiens plaasmeisie

    Groete die
    Wanna-be a Farmgirl

    ReplyDelete
  5. Die is eerlik waar 'n stunning blog... mens voel al die grond tussen jou tone, mens hoor al die trekker op die lande en voel die wind in jou hare!!!

    Mens voel sommer lus en trek uit jou skoene en die fancy klere. Trek aan jou kort jeans met boots en 'n kq hemp, gaan baljaar tussen die kalfies en swem in die plaasdam...

    Ek is gek oor die plaaslewe, dit is vir my goeie nuus dat daar nog so baie jong meisies is met die selfde wense as ek.

    Arne - ek het ook al oorweeg om vir "Boer soek 'n vrou" in te skyrf, maar gelukkig het my ou "vleisie" gekry. Hy het nou nie 'n plaas nie maar dit is ons droom om eendag as die kiddies daar is wel hulle op ons eie plasie groot te maak.

    Die kiekkies en bewoording is outgat - ek sal ook graag meer wil sien.

    Groetnis

    ReplyDelete